Web www.redballoon.co.za

back to Regular Craft Markets index

Riviersonderend NG Kerk Christmas Market
Western Cape - Voortrekkerstraat, Riviersonderend
Applicaton Closing Date
Wednesday, 30 September 2009
Dates
19 - 21 November 2009
Trading Hours
9am- 6pm
Cost
R20 for 1mx1m
General

Ons hou vir die afgelope 3 jaar al elke jaar 'n Kersmark. Elke jaar het die Kersmark baie ontwikkel en uitgebrei.

Vanjaar se mark begin op Donderdag 19 November 2009 om 19:00 na die NG Kerk Vrouediensafsluiting.

Alle uitstallers moet om 18:00 alreeds klaar uitgepak wees en die saal verlaat het.

Vrydag 20 November 2009 is die kersmark vanaf 09:00 - 18:00

Saterdag 21 November 2009 is die kersmark vanaf 09:00 - 14:00

Daar is 'n heerlike teetuin wat daagliks oop is en ontbyt word ook elke oggend bedien.

Uitstallers mag nie hulle produkte voor Saterdag 21 November 2009 om 14:00 verwyder nie, en alle produkte moet teen 15:00 uit die saal verwyder wees.

Daar is nie 'n keuringsproses nie, aangesien ek persoonlik elke uitstaller uitsoek.  Ons is 'n klein gemeenskap en ons glo daain om vir almal 'n kans te skep om sy/haar talente uit te stal en te koop aan bied. 

Die adminfooi beloop R20 per uitstaller vir 'n tafelspasie van 1m x 1m. 'n Kommissie van 15% van u verkope, word aan die Vrouediens van NG Kerk Riviersonderend betaal.

Sodra al die nodige info na my deurgegee is, sal ek u prysetikette vir u stuur.

Produkte kan selfs met koerierdienste gestuur word, indien dit vir u onmoontlik is om self u produkte te bring.  U moet net self die koerier betaal.

Kom stal gerus uit in ons pragtige dorp, met sy pragtige natuurskoon, en kom kyk sommer hoe ons op die platteland oes, want November is Oestyd in die Overberg.

Ek hoop om gou van julle te hoor!!!











Contact Us| Privacy Statement| Terms of Use